Search This Blog

Labels

Thursday, February 27, 2014

Born free and other racist analogies

"Born free" is a cliche coined for those born after 1994 in South Africa. Of course without intention from anyone this refers to black children born after 1994.  Black is beautiful - White is a no-no.   (Black is not a color; a black object absorbs all the colors of the visible spectrum and reflects none of them to the eyes.   White is a color. White reflects all the colors of the visible light spectrum to the eyes.)   This just for the left brainers out there and has no relevance to the article.

a Few other words in this whole shenanigans of race et all needs to be explained here as I will be using them further on in the text:

Partisan : Someone or something that is prejudicial towards a particular point of view.

Animus:  A strong feeling of dislike or hatred,   A feeling of animosity; ill will
  
BEE:         Another word for racism as practiced in South Africa for the past 20 years 

Affirmative action :   The fear of 90% of a population that the other 10% will deprive them of opportunities and the consequential laws to counter this fear.

South Africans are a funny bunch - actually a funny mixture of people of colour.  Lots of debate is going on about how we interact or should interact with each other.  The normal populace, commonly referred to as the "man in the street" does not care much about the shenanigans of the government or the commentators.  We have a life to live.  Certain challenges face certain people of certain skincolour but then again who gives a damn.

South Africa is the only country in the world and probably in history where the 90% majority is being given prevalence over the other 10% in a system called BEE and where preference is given to you depending on the colour of your skin under the premise of affirmative action.   The problem is that the definition of the word is not how it is applied here. (look it up - I am not going to do all the work for you) Another description of the system is called Positive discrimination.   Any form of discrimination is discrimination fullstop.  An attempt at passing a so called positive discrimination act in Arizona in the US has nearly made them the skunks of the earth - luckily they saw the light of day.   When the light of day in darkest South Africa is going to break through the clouds is of course any one's guess. 

Getting back to the born frees. If you were born, irrespective of the colour of your skin after 1994 when South Africa became a "born free democracy" in effect you have grown up in the "New South Africa"  BUT and this is the big BUT.  if you are anything but white you are covered by the BEE system and you do not have to worry. Now why White "Born free" youngsters are excluded from this exclusive club is beyond my understanding.  This is where the 2 words Partisan and animus comes in.   The Government is partisan to the idea of BEE (maybe it is just plain racist) and they are also animus towards the idea that the White born frees are going to take over the country in some way or another. 

  

Monday, February 3, 2014

Piet Retief ; Die ware een

Hierdie artikel het in Beeld 2 Oktober 2012 verskyn.   Maak daarvan wat jy wil 

Die ware Piet Retief

2012-10-02 22:17 
JC van der Walt

Die Voortrekkerleier Piet Retief is ’n held in die Afrikaner-geskiedenis, maar hy het ook ’n donker kant gehad, skryf JC van der Walt.

Toe Dingane Piet Retief so grusaam op 6 Februarie 1838 vermoor het, was hy ’n ongerehabiliteerde man. Nadat sy boedel in Januarie 1850 beredder is, het sy kre- diteure slegs 9% van die geld teruggekry wat Retief hulle geskuld het.

In 1813 het die regering ’n kontrak aan Retief vir die lewering van rantsoene aan 1 200 troepe op die oosgrens toegestaan. Retief het gou daarna versuim om sy leweransiers te betaal. In 1814 het hy aan die maat-skappy Matfeldt en De Necker die reuse-bedrag van 83 247 rijksdaalers geskuld. Dit was gelykstaande aan vyf keer die jaarlikse salaris van goew. Sir Andries Stockenström. Retief kon nie sy skuld betaal nie en die regering het sy kontrak gekanselleer.

Op 4 Julie 1814 het die brandarm Retief met Lenie Greyling, ’n skynbaar welaf weduwee, getrou. Retief het haar erfporsie van 5 000 rijksdaa-lers verkwis en Greyling is as ’n armlastige dood.
Lt.kol. Willshire het teen die lawaai en dronkenskap van die soldate by Retief se kroeg beswaar aangeteken en op 31 Augustus 1819 het die regering geweier om Retief se dranklisensie te hernu.
In 1822 word Retief as veldkommandant van Albany aangestel, maar hy word afgedank nadat hy met die regering oor twee boukontrakte in onguns gekom het.

Tussen 1823 en 1824 het Retief 20 keer in die hof verskyn weens skuld wat hy nie betaal nie. Retief sweer ’n eed voor God, in die teenwoordigheid van heemraad Miles Bowker: “Ek besit geen goedere van enige beskrywing hoegenaamd nie.”

Dit was ’n doelbewuste leuen, want in daardie stadium het Retief 1 000 skape, 300 beeste, 80 perde, 11 slawe, plaastoerusting, waens, meubels, gewere en ’n klavier besit.

Retief het by verskeie geleenthede valse verklarings afgelê.

Die eerste uitverkoping van Retief se goed is in Maart 1824 gehou.

Tempest, sy ingevoerde resiesperd, is vir 5 500 rijksdaalers verkoop. ’n Erf op Grahamstad plus sy perdewa, ossewaens, beeste, skape, perde en ’n klavier is verkoop. Retief se agt slawe het 12 050 rijksdaalers behaal en vyf erwe het 2 480 rijksdaalers behaal.

Die opbrengs van die vendusie in 1824 was 31 361 rijksdaalers. Ongelukkig het sy krediteure ’n verlies van 2 254 rijksdaalers gely. Hulle is nooit betaal nie.

Retief was nou in groot geldnood.

In 1826 het Retief 141 skape en 30 bokke op krediet gekoop by Maria, ’n slavin. Hy het ’n skuldbewys onderteken om die slavin 249 rijksdaalers te betaal. In 1827, nadat die slavin en Joseph van Dyk, haar eienaar, 18 maande lank probeer het om Retief te oorreed om sy skuld te betaal, meld hulle Retief se swak gedrag aan by die beskermer van slawe in Kaapstad. Retief het die slavin nooit betaal nie.

Tussen 1827 en 1829 het Retief meer as 20 keer in die hof verskyn weens onbetaalde skuld. Tussen 1830 en 1833 het Retief 19 keer in die hof verskyn weens die wanbetaling van sy skuldeisers. Retief is toe bankrot verklaar.

Op 4 Januarie 1832 het W.E. Smith Retief gedagvaar oor sy skuld vir 80 gelling Franse brandewyn en 18 gelling Franse wyn.

In Maart 1832 het J.H. Heath vir Retief gedagvaar vir die wanbetaling vir Franse brandewyn en wyn. Die vonnis kon egter nie uitgevoer word nie omdat Retief se besittings onder beslag was. Mev. Lenie Retief het aan die hofbode gesê: “Ek het geen geld in die huis nie.”

Kapt. Duncan Campbell, Albany se magistraat, verklaar Retief “nulla bona” op 18 April 1832 en Retief word tronkstraf opgelê. Retief ontduik die gereg, maar in Augustus 1832 word hy in Grahamstad vir die wanbetaling van verskeie skuldbewyse opgesluit. Hy weier om 58 gelling vir “ou Madeira-wyn” aan sy vriend, die vrymesselaar Benjamin Norden, te betaal. Norden het Retief verskeie kere vir skuld gedagvaar.

Uitendelik het Norden sy eis afgeskryf en Retief se skuldbriewe betaal. Daarna is Retief uit die gevangenis vrygelaat. Norden het slegs 9% van sy eis teen Retief se bankrot boedel teruggekry.

Op 28 September 1832 het T.H. Hales, die bode van die hof, al Retief se huishoudelike besittings in die Grahamstown Journal geadverteer.

Gedurende 1833 was Retief se finansiële posisie uiters desperaat. Hy het probeer om as toesighouer oor houtkappers in die regering se bos, Coeremoe, ’n karige bestaan te maak. Hy is egter nalatig en word op 8 Oktober 1833 deur magistraat Duncan Campbell ontslaan.

Retief was ook by verskeie oneerlike transaksies betrokke.

Op bedrieglike wyse het hy die afmetings van twee van sy erwe in Grahamstad vergroot. Nadat hy die erwe aan die regering verkoop het, word hy uitgevang. Kol. Henry Somerset het in 1820 die volgende aan landdros Jacob Cuyler geskryf: “Mnr. Pieter Retief het homself wangedra en dit was baie onwelvoeglik van hom om die regering te bedrieg.”

Retief het besluit om die regering met ’n skema te nader om sy eie huis in barakke vir soldate te omskep. Op 11 Maart 1822 het lt.kol. Maurice Scott geskryf: “Ek verstaan dat Retief se finansiële posisie uiters benard is. Hy beskik oor geen ander middel om homself uit hierdie vuur te kry as om die huidige aanbod van die regering te aanvaar nie.”

Op 7 Mei 1822 het die regering ’n kontrak van 40 000 rijksdaalers aan Retief toegeken vir die bou van die barakke. Op 6 Julie 1822 het die regering ’n verdere kontrak van 25 000 rijksdaalers met Retief vir die bou van ’n drosdy gesluit.

Retief het die regering met 10 000 rijksdaalers bedrieg deur dubbele fakure, vir werk gelewer, in te dien. Toe die regering die bedrog in Augustus ontdek het, het Retief reeds al die geld gespandeer.

Op 25 Maart 1823 het lt.kol. Scott geskryf: “Ek kan u verseker dat dit met groot spyt is dat ek, namens die regering, ’n kontrak aangegaan het met ’n man sonder enige beginsels hoegenaamd; dit was my ondervinding met Retief.”

Die regering het Retief vir 10 000 rijksdaalers gedagvaar en op 3 November 1823 het regters P.J. Truter en B.B. Borcherds Retief skuldig bevind. Retief se appèl is summier geweier. Die regering het besluit om Retief se kontrakte te kanselleer.

Retief het verskeie persone, ook weduwees, met geld bedrieg. Hy het byvoorbeeld sy slaaf, Jack van Mosambiek, aan verskeie krediteure vir geld verpand. Retief het sy krediteure 20 jaar lank ontwyk deur valse verklarings onder eed aan die bode van die hof af te lê. Sy familie het selfs die geregsbode met geweld uit sy huis verwyder.

Tydens ’n vergadering van sy krediteure op 26 Junie 1834 het George Jervis, die prokureur, gesê: “Hierdie boedel is reeds 15 jaar lank insolvent.”

Retief word op 8 Oktober 1836 bankrot verklaar en hy het besluit om by die Groot Trek aan te sluit.

John Mandy, die eienaar van die Freemason’s Tavern in Grahamstad, het Retief in Januarie 1837 vir 228 rijksdaalers gedagvaar “vir drank, losies en vermaaklikheid aangebied en verskaf op versoek deur Pieter Retief”.

Op 1 Februarie 1837 het Retief ’n brief aan sir Andries Stockenström geskryf en die regering verantwoordelik gehou “wat my welvaart ontneem het”. Op dieselfde dag het hy sy skuldverhoor in die hof ontwyk. Op 2 Februarie 1837 het Retief vanuit sy pos as veldkommandant gedros en sy beroemde manifes is op dieselfde dag in die Grahamstown Journal gepubliseer.

Stockenström het Retief op 6 Februarie 1837 ontslaan en presies een jaar later het Koning Dingane goew. Pieter Retief by uMgungundlovu vermoor.

- Dr. Van der Walt is die skrywer van Zululand True Stories, 1780 to 1978 waaruit hierdie artikel kom.